Kleuter Groepe
Die Kroonkinders bedien kinders van 7 maande tot Graad 7. Kliek hier vir die verskillende ourderdomsgroepe se indelings.
Die Kroonkinders bedien kinders van 7 maande tot Graad 7. Kliek hier vir die verskillende ourderdomsgroepe se indelings.
Ons glo dat die ouerhuis die primêre plek vir geloofsoordrag moet wees. Ons wil ouers toerus in hierdie groot taak. Kliek hier vir ouerskaptoerusting geleenthede.
Duet Gemeente bedien nie die babadoop nie, maar wel die bekeringsdoop. Ons reël wel geleenthede vir babatoewyding, vir ouers wat die behoefte het om ‘n belofte voor ‘n geloofsgemeenskap af te lê. Ouers moet egter twee verpligte toerustingsgeleenthede vooraf bywoon. Kontak elsie@duet.org.za
Ons het heelwat kreatiewe en ouderdomstoepaslike boodskappe vir Laerskool kinders wat aanlyn beskikbaar is. Kliek hier om na hierdie boodskappe te luister.
Die volgende geleenthede word aangebied:
Hierdie geleenthede vind in elke ouerdomsgroep op Sondae, gelyklopend met die volwasse erediens, plaas. Ouers woon ‘n diens saam met hul kinders by waar ‘n Bybelse waarheid vir gesinne geleer word en ouers ook vaardighede leer om hierdie waarhede by die huis te versterk. Hou gerus die Duet kalender vir hierdie datums dop.
Hiérdie kursus van Hettie Brittz word deur geakkrediteerde fa- siliteerders van Duet aangebied. Hierdie kursus bemagtig ouers met raad, opleiding en hulpmiddels ten opsigte van kreatiewe Christelike ouerskap. Aspekte wat hanteer word, is onder andere boustene vir gesonde gesag, ouerskapstyle, tempera-mente en dissipelskap en dis-sipline. Hierdie kursus is geskik vir ouers met kinders van enige ouderdom – van baba tot skoolverlater.