Welkom by ons Kroonkinders

Welkom by die Kroonkinders!

Duet se hart klop vir kinders en gesinne! Ons het ‘n dinamiese Sondag bediening, maar ook ‘n sterk ouerskap fokus, omdat ons glo dat die invloed van die kerk saam met die invloed van die ouerhuis, soveel groter impak maak!

Sondag Groepe

Die Kroonkinders bedien kinders van 7 maande tot Graad 7. Kliek hier vir die verskillende ourderdomsgroepe se indelings.

Ouerskaptoerusting

Ons glo dat die ouerhuis die primêre plek vir geloofsoordrag moet wees. Ons wil ouers toerus in hierdie groot taak. Kliek hier vir ouerskaptoerusting geleenthede.

Babatoewyding

Duet Gemeente bedien nie die babadoop nie, maar wel die bekeringsdoop. Ons reël wel geleenthede vir babatoewyding, vir ouers wat die behoefte het om ‘n belofte voor ‘n geloofsgemeenskap af te lê. Ouers moet egter twee verpligte toerustingsgeleenthede vooraf bywoon. Kontak elsie@duet.org.za

Aanlyn Boodskappe

Ons het heelwat kreatiewe en ouderdomstoepaslike boodskappe vir Laerskool kinders wat aanlyn beskikbaar is. Kliek hier om na hierdie boodskappe te luister.

Ouerskaptoerusting

Ouerskaptoerusting

Ons glo in die bemagtiging van ouers om die primêre dissipelmakers in hul kinders se lewens te wees en het daarom ‘n sterk fokus op ouerskaptoerusting. Die volgende geleenthede word aangebied:

Take-it-Home geleenthede

Hierdie geleenthede vind in elke ouerdomsgroep op Sondae, gelyklopend met die volwasse erediens, plaas. Ouers woon ‘n diens saam met hul kinders by waar ‘n Bybelse waarheid vir gesinne geleer word en ouers ook vaardighede leer om hierdie waarhede by die huis te versterk. Hou gerus die Duet kalender vir hierdie datums dop.

Immergroen ouerskap werkswinkels

Lizelle Liebenberg en Heila van den Berg is opgeleide fasiliteerders wat hierdie werkswinkels – een vir peuter- en kleuterouers, asook een vir laerskool- en tiener ouers, aanbied. Hier spreek ons temas aan soos gesonde gesag, dissipline wat karakter vorm, my kind se unieke temperament en langtermyn visie vir gesinne. Hou gerus die Duet kalender vir hierdie datums dop.

My Kind en Tegnologie

Hierdie praatjie is aanlyn beskikbaar en word ook van tyd tot tyd by die gemeente aangebied.
Kliek hier om daarna te luister.

So Groei my Gees

Twee sessies se toerusting oor die geestelike groei van kinders, saam met praktiese raad om jou kind se geestelike groei te versterk. Kliek hier om aanlyn daarna te luister.

Kleuter Groepe

Elsie Kotze is in beheer van al die
Baba- en Kleuter Groepe. Kontak haar gerus by elsie@duet.org.za.

Kortbene (7 maande – 2 jaar)

Kleurkabouters (3 – 4 jaar)

Groeigoggas (5 – 6 jaar)

Laerskool Groepe

Lizelle Liebenberg is in beheer van al die
Laerskool Groepe. Kontak haar gerus by lizelle@duet.org.za.

Woelige Wenners (Gr. 1-2)

Cool Kids (Gr. 3-4)

Spy Kids (Gr. 5-6)

7Ups (Gr. 7)