Ontmoet Duet se span!

Visionêre Leier

Rassie Fourie

Rassie is die visionêre leier van Duet gemeente. Sy rol is die oorhoofse leiding van die hele gemeente. Saam met al die visionêre leiding fokus hy op lering, groepsbediening en bediening buite die gemeente.

Rassie is die visionêre leier van Duet gemeente. Sy rol is die oorhoofse leiding van die hele gemeente. Saam met al die visionêre leiding fokus hy op lering, groepsbediening en bediening buite die gemeente.

Rassie is oorspronklik van Pretoria en het in Potchefstroom studeer. Hy is getroud met Michelle en het drie dogters.

Volg hom gerus op Facebook of luister sy nuutste podcast "Kingdom life"

Pastoor: Go!Duet / Bevryding & Genesing

Michelle Fourie

Michelle is verantwoordelik vir die ontwikkeling, koördinering en implementering van Duet se beradings- en genesingsbediening. Doeltreffende leiding, organsisasie en kommunikasie van die GO!DUET bediening (Die Tafel & Die Krip) se skedules, behoeftebepalings-, versorging en beplanning deur die betrokke leiers en vrywilligers.

Michelle is die Go!Duet / Bevryding & Genesing Pastoor van Duet gemeente. Sy is verantwoordelik vir die ontwikkeling, koördinering en implementering van Duet se beradings- en genesingsbediening. Doeltreffende leiding, organsisasie en kommunikasie van die GO!DUET bediening (Die Tafel & Die Krip) se skedules, behoeftebepalings-, versorging en beplanning deur die betrokke leiers en vrywilligers. .
Michelle het ‘n BSc graad in Menslike Bewegingskunde en Fisiologie. Haar passie vir die liggaam en gesondheid het gelei tot ontwikkeling van praktyke in baba- en kinderontwikkeling, gesondheid en opvoeding. Vandag koester sy ‘n groot liefde vir die wat verstote, kultuurvreemd en verlore is.
Sy is getroud met Rassie Fourie en het drie dogters.
Pastoor: Community (Kononia/Geloofsfamilie/Dissipelskap)

Jacques Kotze

Jacques is verantwoordelik vir die vestiging, begeleiding en groei van ’n gesonde dissipelskapkultuur binne Duet, deur middel van kleingroepe, belangegroepe en geloofsfamilies wat geestelike groei, versorging en gemeenskap bevorder en te organiseer.

Jacques is die studenteleier van Duet gemeente. Hy lei die studente bediening en is betrokke by Duet se leierskap Akademie (DLA).
Jacques is oorspronklik van Pretoria en later Lichtenburg. Hy het in Potchefstroom rekenaar- en elektroniese ingenieurswese studeer, waarna hy by SATS Teologie tot op Honneursvlak voltooi het. Jacques se passie is om universiteitstudente te leer van Jesus se uitnodiging om vrygemaak te word van 'n ou lewe en in Hom 'n nuwe lewe te begin ontdek. Jacques het ook 'n boek, "Huiswaarts" geskryf wat sy roete saam met Jesus in 'n storie uitbeeld.
Jacques het onlangs verloof geraak aan Leonore Lubbe en trou later in die jaar.
Volg gerus Kruispunt op Instagram.
Pastoor: T&D en Kruispunt

Elmar Koekemoer

Elmar is verantwoordelik vir die geestelike leiding en toerusting van die gemeente met spesiale fokus op studente- en tienerbediening. Verskaf bybelgebaseerde preekbediening, lei jongmense deur kleingroepe en dissipelskap, koordineer uitreike en evangelisasie-aktiwiteite, en bevorder ’n kultuur van geestelike groei, bediening en sending.

Elmar is Duet gemeente se tienerbediening,T&D en studentebediening, Kruispunt pastoor. Hy is verantwoordelik vir die geestelike leiding en toerusting van die gemeente met spesiale fokus op studente- en tienerbediening. Verskaf bybelgebaseerde preekbediening, lei jongmense deur kleingroepe en dissipelskap, koordineer uitreike en evangelisasie-aktiwiteite, en bevorder ’n kultuur van geestelike groei, bediening en sending.
Elmar is oorspronklik van Utrecht, KZN af en het in Potchefstroom sy Honneurs in Teologie voltooi. Elmar is passievol oor musiek, guitar speel, aktief bly en koffie! Hy het 'n groot liefde vir uitreike en evangelisasie op afgeleë plekke.

Volg T@D gerus op Instagram

Kroonkinder Leier

Rezé de Villiers

Rezé is die Kinderbedieningleier van Duet gemeente. Sy lei die hele Kroonkinder departement. Rezé bedien spesifiek die Laerskool groepe en is passievol oor ouerskap.

Rezé is die Kinderbedieningleier van Duet gemeente. Sy lei die hele Kroonkinder departement. Daleen bedien spesifiek die Laerskool groepe en is passievol oor ouerskap.
Kroonkinder Kleuterleier

Bianca Watermeyer

Bianca is die Kleuterbedieningsleier van Duet gemeente. Sy bedien die baba- en kleutergroepe en in in beheer van die gemeente se toewydingsgeleenthede.

Bianca is die Kleuterbedieningsleier (Waarnemend) van Duet gemeente. Sy bedien die baba- en kleutergroepe en in in beheer van die gemeente se toewydingsgeleenthede.

Deon Badenhorst

Operasionele Bestuurder

As Operasionele Bestuurder by Duet Gemeente is Deon verantwoordlik vir finansiëlebestuur, personeelbestuur, bedryfsbestuur, logistieke bestuur asook dag-tot-dag aktiwiteite.

Ria Pitout

Beampte Administratiewe Ondersteuning & Hulpmiddele

Ria is verantwoordelik om doeltreffende administratiewe en logistieke ondersteuning te bied aan die gemeente se bedieninge – met spesiale fokus op kinderbediening en kreatiewe hulpmiddelontwikkeling.

Mawica Storm

Snr Beampte Kantoor-koördinering

Mawica koördineer kantoorbedrywighede, ontvangs, personeelondersteuning en funksies, en dien as persoonlike assistent vir die bedieningspan om ’n gestruktureerde, goed-gekommunikeerde en gasvrye bedieningsomgewing te bevorder.

Johan van Eeden

Snr Beampte Finansies & Administratiewe Ondersteuning

Johan is verantwoordelik vir die verwerking van finansiële transaksies, verslagdoening, begrotingsondersteuning, voorraadbeheer en algemene kantooradministrasie om finansiële integriteit en administratiewe orde te verseker in ondersteuning van die gemeente se visie en bedieninge.

Gert van der Merwe

Tegniese Beampte

Gert is verantwoordelik vir toesig oor alle aspekte van die kerk se klank, musiektegnologie en tegniese produksie in alle lokale en geboue. Hierdie rol ondersteun die aanbiddingservaring deur hoë gehalte klank-, visuele en beligtingsproduksie te verseker, en koördinering van tegniese vrywilligers en hulpbronne tydens kerkdienste, geleenthede en bedieninge.

Kobus Schoeman

Beampte: Instandhouding

Kobus is verantwoordelik vir die versekering van die effektiewe instandhouding, veiligheid en funksionaliteit van alle kerkgeboue, terreine en fasiliteite.

Steve Schoeman

Digitale Media & Kommunikasie Koördineerder

Steve is verantwoordelik vir die beplanning, skepping, bestuur en verspreiding van digitale inhoud wat die gemeente se visie, bedieninge en gemeenskapsbetrokkenheid ondersteun.

Christine van Tonder

Grafiese Ontwerper

Christine is verantwoordelik vir alle grafiese ontwerp van digtale en gedrukte kommunikasie van Duet gemeente.

Justin Scheepers

Snr Jeug Assisitent

Justin is verantwoordelik vir die uitbou en groei van die Duet Tienerbediening deur inisiatiewe en strategië te ontwikkel wat toepaslik op hedendaagse jeug.