Welkom by
Teens@Duet

Welkom by Teens@Duet

‘n Plek om saam Jesus te soek, vrae te vra en meer van die Woord te leer, terwyl ons die lewe geniet as jongmense.

Wat gebeur by Teens@Duet?

Teens@Duet Info

Welkom by die Tienerbediening van Duet Gemeente! Ons is super opgewonde om jou by ons familie te ontvang. By Teens@Duet is ons opgewonde oor Jesus en kan ons nie wag om saam op Sondae te aanbid nie.

Ons nooi jou graag na ons tienerdienste op Sondae aande om 17:00 in die Spy Kids lokaal. Hier kuier, bid, en aanbid ons en leer ons saam oor die Woord.

Ons het ook sosiale aksies soos staptoere en uitreike waar ons as tieners ‘n verskil maak!

Vir enige inligting kontak die kerkkantoor by 018 290 7579 of Jacques Kotze by jacques@duet.org.za