Welkom by ons volwassebediening

Die volwassebediening bestaan uit mense van alle ouderdomme. Persone wat afgestudeer is tot afgetrede persone woon die eredienste en aktiwiteite by. Ons volwassebediening bied ook die platform om betrokke te raak by ons ander bedieninge (bv. Musiekbediening, gasvryheidspan, gesinsbediening.) Ons jaarprogram word só uiteengesit dat volwassenes deel kan neem aan die onderskeie aktiwiteite. Luister gerus die video links waar Rassie Fourie wat Duet se volwassebediening lei jou meer vertel.

Wat gebeur by Duet Volwassenes?

Duet is een groot familie. Ons bedien volwassenes hoofsaaklik op Duet se Sondae oggende diens om 9:00. Ander geleenthede in die gemeente om jou te bedien en toe te rus sluit in Mannekampe, Vrouekampe en Genesingskampe; verskeie kleingroepe en 'n "Activate" geleentheid waar groepe en individue deel kan wees van ‘n interaktiewe aanbieding.

Jou pad saam met ons begin by ‘n Inkoop-geleentheid (Nuwe Lidmate) wat 4 keer per jaar aangebied word. Ons Inkoop-geleentheid is die plek waar nuwe lidmate en toekomstige leiers al die inligting oor DUET gemeente kan ontvang. Dit is ook die plek waar ons al ons geloofswaarhede uiteensit.

Indien jy enige navrae het kan jy ons by die gemeentekantoor kontak. Wees op die uitkyk op ons kalender en sosiale media vir ons preekreekse, uitreike en kursusse.

Geloofsfondasies in  Duet Gemeente

In Duet Gemeente funksioneer ons met on-onderhandelbare kernwaarhede (Geloofsbelydenis, Geloofsfondasies en Geloofs beginsels, ens.), onderhandelbare kernwaarhede (Seremonies, wyse van aanbidding ens.) sowel as ortuigings en voorkeure van Individue(kleredrag, taal ens.)

Lees gerus die “Doop in Duet” PDF en die “Geloofsfondasies boublokke” PDF in die skakel hieronder: