Duet Leadership Academy se visie is om voltydse teologiese studente in ‘n praktiese internskap program toe te rus.  Ons beoog om studente deur persoonlike mentorskap blootstelling te gee aan al die fasette van ‘n gemeente en sodoende in goeie teologies opgeleide- en prakties toegeruste bedienaars te belê.  Ons vertrou dat die program enige toekomstige kerkbedienaars en leiers kan help om die bediening te betree.

DLA se program: Semester 1

22 Januarie tot 14 Junie

Elke semester se program word aangepas om al die elemente van ons program te akkomodeer.
‘n Voorbeeld van Semester 1 se program is as volg:
KWARTAAL 1: 22 Januarie tot 20 Maart
KWARTAAL: 3 April tot 14 Junie

Studietyd: 18 ure per week | Persoonlike toerusting: 7,5 ure per week | Persoonlike mentorskap: 6 ure per maand

Areas van oprigting:

DLA beskou persoonlike- en bedieningstoerusting as die middelpunt van ons visie vir studente.

Die volgende temas en funksies dien as voorbeelde van die toerusting en mentorskap wat ons beplan om aan elke student te bied:

  • Studiemetodes en -vaardighede
  • Tydsbestuur en prioritisering
  • Rekenaarvaardighede
  • Karakterontwikkeling
  • Kommunikasievaardighede
  • Fondasies van geloof
  • Die Evangelie van die Koninkryk van God
  • ‘n Gesonde leefstyl in bediening
  • Prediking en aanbiedingsvaardighede
  • Multimedia en klank
  • Kerkbestuur en -organisering