Welkom by ons bediening
van Bevryding en Genesing

“Ons glo dat Jesus die antwoord is vir ons sonde, seer en worstelinge.  Hy het oorwin en dit moontlik gemaak om vry te kom en gesond te word.”

Meer oor Duet se Bevryding en Genesingsbediening

Johannes 8:32 “”…en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak…”

Ons glo dat dit moontlik is om genesing te ontvang. Daar is soveel seer in die wêreld en Jesus het gekom om ons vry te maak en gesond te maak.

Ons bedien graag enige persoon wat emosionele genesing of bevryding nodig het. Ons bied ook toerusting aan vir persone wat voel dat die Heilge Gees hulle roep om in hierdie bediening te staan.

Kontak gerus ons kerkkantoor by 018 290 7579 of vir Anneli Wilson by anneli@duet.org.za indien jy bediening of meer inligting benodig.