Welkom by Duet Gemeente se Aanbiddingsbediening

“Ons glo dat aanbidding een van die primêre maniere is

om ons liefde vir God te wys”

OPNAMES

Ons hart is om aanbiddingsmusiek te skryf wat mense lei om Jesus te aanskou en in aanbidding te reageer. Ons wil die plaaslike kerk dien en vertrou dat Heilige Gees deur hierdie lied jou hart sal aanraak en jou oë sal rig op Jesus.

Skrif verwysing: Openbaring 5

Luister na ‘Aanskou die Lam’ op platvorms soos Spotify en Apple Music: https://songwhip.com/duetgemeente/aan…
Akkoorde: https://bit.ly/3xpbd3H

“Laat hulle die Naam van die Here prys, want Sý Naam alleen is hoog verhewe, Sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem van al Sy troue dienaars, die Israeliete, die volk naby wie Hy is. Prys die Here! ”

Skrif verwysing: Psalm 148

Luister na ‘Kom en loof Hom!’ op Spotify, Apple Music, YouTube Music, ens.
Akkoorde: https://shorturl.at/HNQUW

Hoe kan jy betrokke raak by ons Aanbiddingsbediening?

Psalm 150:6 - Alles wat asem het, moet die Here loof!”.

Aanbidding is 'n voorreg. Daarom het ons gereelde Aanbiddingsbyeenkomste en kampe waar ons saam groei en saam aanbid.

Ons het gereelde oudisies om musikante en aanbiddingsleiers te identifiseer en deel te maak van ons familie. Kom bring jou gawes!

Vir enige verdere navrae kontak ons gerus by ontvangs@duet.org.za of 0182907579.