Welkom by ons Studente bediening

Welkom by Kruispunt!

Ons streef daarna om jong mans en vrouens te lei na ‘n egte, lewende en persoonlike verhouding met God. Ons glo dat God Kruispunt gebruik om studente met karakter op te rig om ware dissipels van Jesus Christus te wees. Ons wil die lewe saam geniet, saam groei in ons verhouding met God en met mekaar en saam ‘n impak maak deur die leiding van die Heilige Gees.

Wat gebeur by Kruispunt?

Ons hart is om 'n familie te wees wat saam aanbid en groei in die Woord. Ons weeklikse kleingroepe is gebou op die volgende waardes: Community, Fellowship, Worship en Gebed, die Woord en Leiding van die Heilige Gees.

Ons bedien studente hoofsaaklik op Sondae aande van 18:00 - 20:00.

Ons het ook 'n sterk volunteer kultuur. Ons vrywilligers kom op Sondae van 17:00 - 18:00 by die Koffiehoek bymekaar.
Kruispunt se hart is ook om uit te reik - op die Kampus en buite ons eie grense. Daar is jaarliks nasionale en internasionale uitreike.

Kruispunt word gelei deur Jacques Kotze. Kontak hom gerus by jacques@duet.org.za