Raak betrokke by
'n Duet Groep.

“En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet. -Handelinge 2:46

Duet Gemeente se Kleingroepe.

Na Jesus se opstanding het die eerste kerk begin groei! Soos Handelinge 2:46 sê, die dissipels het weekliks die tempel(Kerk) besoek EN in mekaar se huise bymekaar gekom, saam gebid en saam geeët. Kerk kan nie funksioneer sonder verhoudinge nie. Ons stap die pad saam om mekaar aan te moedig in die geloof, te ondersteun met alle lewensuitdagings, uitreike saam te doen, saam te groei in ons verhouding met God en saam Sy teenwoordigheid en aanraking beleef!

Kleingroepe is Duet se voertuig tot verhouding en groei.  Ons het verskillende groepe waar jy kan inskakel:

  1.  Studente en Jongwerkende groepe
  2. Intersessiegroep
  3. Jong Ongetroudes
  4. Familiegroepe (Kleingroepe waar gesinne saam die groep bywoon)
  5. Gemengde jongwerkende groepe
  6. Oggend Vrouegroepe
  7. Aand Vrouegroepe
  8. Mannegroep
  9. Enkelvroue groep