Hoe kan ek
inskakel by Duet?

Welkom by Duet Gemeente.

Ons wil jou graag in die familie verwelkom!

Nuwe Lidmaatskap

Ons bied 4 keer per jaar ‘n Duet Info aand aan.  Kontak gerus vir Petro Muller by ontvangs@duet.org.za vir die datums.

Bedieninge

Indien jy meer inligting oor ons verskillende bedieninge wil hê en hoe om betrokke te raak, kliek hier

Vrywilligers

Indien jy wil betrokke raak as ‘n vrywilliger by ons, kontak gerus vir Anneli Wilson by anneli@duet.org.za vir meer inligting.

Ons droom van volwasse gelowiges wat vurig die wêreld impakteer. Ons doen die lewe saam, groei saam en maak saam ‘n impak!

Wat is ons waardes?

Verhouding

Ons funksioneer vanuit verhouding.

Familie

Familie is God se idee!  Ons bedien ouers en kinders en beskou alle ouderdomme as belangrik. Ons het ‘n sterk fokus op kinders, jongmense en families.

Gebed & Aanbidding

God is waardig om aanbid te word. Ons beskou aanbidding as  ‘n belangrike aspek van ons bediening.

Impak

Elke gelowige kan ‘n gawe en ‘n roeping ontdek om ‘n impak te maak in God se koninkryk.

Toerusting

Sonder toerusting kan ons nie die wêreld bereik nie. By Duet glo ons daarin om ons lidmate toe te rus vir ‘n Goddelike leefstyl en vir bediening.

Die Woord

Ons glo die Bybel is die woord van God en dit rig daarom die lering in ons gemeente.

Kontak ons

Kontak Ons

T: +27 18 290 7579
E: ontvangs@duet.org.za

 

Duet Gemeente Potchefstroom

5 Govan Mbeki Ave
Van Der Hoff Park
Potchefstroom, 2520

Duet Gemeente Carletonville

70 Rooipoort
Carletonville, 2500