Baba-Toewyding_Event

Toewydingseremonie | 16 September

Die toewydingseremonie bestaan uit verskillende elemente, nl. die seremonie op die verhoog, gebedsgeleentheid in gesinsverband saam met gebedspare,   en koffiedrink en kuier. Lees meer oor elkeen in die “Beskrywing” afdeling.

 

16 September, 11.00 tot 12.00 by Duet gemeente.

Die toewydingseremonie bestaan uit verskillende elemente, nl. die seremonie op die verhoog, gebedsgeleentheid in gesinsverband saam met gebedspare,   en koffiedrink en kuier.

Seremonie:

–    Elke gesin gaan staan op die verhoog.  Die bedieningsleier verduidelik wat die kind se naam/e beteken en gee Skrif wat met die naam se betekenis verband hou.

–       Die pappa wy in ‘n gebed hul kind aan die Here toe, vra vir seën en beskerming oor die kind se lewe en vir wysheid vir hul as ouers.

 

Gebedsgeleentheid:

–    Egpare uit die gemeente word gevra om voor die tyd reeds vir ‘n spesifieke gesin in gebed in te tree.

–    Na afloop van die seremonie word Toewydingsouers deur die gebedspare bedien met gebed en Skrif.

Koffiekuier

–    Toewydingsouers en hul familie en vriende asook gebedspare en hul gesinne kuier saam rondom ‘n koppie koffie en ‘n eetding.

Inligting

Datum: 16 September 2018

Begin: 11:00

Eindig: 12:00

Venue: Duet Gemeente

Telefoon nr van Duet: 018 290 7579

E-Pos: heila@duet.org.za, kroonkinders@duet.org.za

Back to Top