Pos-ad_Afr

Pos beskikbaar

Free!

Ons het ‘n grafiese ontwerp, media en kommunikasie pos beskikbaar hier by Duet!

Ons is opsoek na ’n ‘creative’ wat passievol is oor die Here, en dit kan uitleef in grafiese ontwerp, media en kommunikasie.

Hier by Duet Gemeente doen ons die lewe saam, groei ons saam en maak ons saam ’n impak. Word deel van die Duet span wat hiérdie moontlik maak.

Vul jou kontak besonderhede hier in indien jy belangstel, ons sal jou dan kontak vir ‘n CV en portefeulje.

(Die navraagvorm is vir “produkte” ontwerp, dus gaan dit lyk of jy iets bestel [Daarom moes ons die produk se prys “free” gemaak het]. Volg wel asb al die stappe sodat ons jou inligting en navraag kan ontvang)

Lees meer oor die pos by die “Beskrywing” tab onder aan die bladsy

Belangstellende se details:

Category: .

 

Hier is meer inligting rakende die pos:

Posbeskrywing:

  • Die media-, kommunikasie- en kreatiewebeampte is verantwoordelik vir die skep, saamstel, uitvoer en bestuur van alle kreatiewe verantwoordelikhede en behoeftes in media en kommunikasie.

Opleiding/ agtergrond benodig:

  • ’n Gepasde graad in Kommunikasie en Media (bv. ’n graad in Grafiese ontwerp met kommunikasie studies, graad in Kommunikasie studies met media ervaring/opleiding) (vir hoëvlak-aanstelling) , of erns om dadelik en ywerig met studies as addisionele toerusting te begin (vir middelvlak-aanstelling)
  • Portefeulje van onlangse werk is ’n vereiste

Verantwoordelikhede:

  • Skep, saamstel, uitvoer en bestuur van media (Media sluit die volgende kategorieë in: Grafies ontwerp, Videografie, Fotografie, Multi-media en Aanlyn media)
  • Kommunikasie (Interne en Eksterne kommunikasie bv. Kennisgewingsblaadjie, E-nuusbrief, Afkondigings, Sosiale media, en Duet se webtuiste)
  • Interieur Dekor en Algemene Dekor (bv. beplanning, fisilitering en uitvoer van interieur en dekor projekte soos nodig.)
  • Ontwikkel en onderhou van ’n korporatiewe identitiet wat dien as ’n visuele platform wat Duet en sy onderskeie bedieninge verteenwoordig en saambind.
  • Bydraes tot die breër Duet-gemeente (bv. betrokkenheid by ander gemeente-aktiwiteite soos deur die personeel ooreengekom).

Kritiese vaardighede benodig:

  • Effektiewe rekenaar en sagteware vaardighede om die onderskeie media ten kan skep/ produseer en/of redigeer. (Met spesiale fokus op Adobe Illustrator, Photoshop, InDesign, Premier, asook iMovie – web programering en ontwerp sal handig te pas wees).
  • Grafiese ontwerp & uitleg vermoë.
  • Fotografie en Videografie vaardighede.
  • Moet konseptueel kan dink en werk.
  • Die vermoë om ander persone se idees en inisaitewe kreatief te kan uitbeeld en verwerk via toepaslike mediums.
  • Die vermoë om interne en eksterne sake en geleenthede effektief te kommunikeer tot verskeie teikengroepe op ‘n gepaste wyse via die regte platvorm of medium.

Inligting

Datum: 1 January 2018

Begin: 00:00

Eindig: 00:00

Venue: Duet Gemeente

Telefoon nr van Duet: 018 290 7579

E-Pos: anneli@duet.org.za

Back to Top