Die woord “refresh” som die hart van hierdie naweek op. Jy as pilgrim gaan saam met ons op ‘n avontuur waar ons na (die fondasies van) ons geloof gaan kyk , op ‘n vars en praktiese wyse. Hierdie naweek is ook ‘n wonderlike geleentheid vir jou om te kom bedien indien jy al op ‘n Refresh Wegbreek was.
Inligting
Datum: 4 - 6 May 2018
Begin: 16:00
Eindig: 13:00
Venue: Mooiplaas, Parys
Rigtings: Vanaf Potchefstroom na Mooiplaas:
Neem vanuit Potchefstroom die Paryspad (R53) en ry vir 35,4 km vanaf die laaste robot in Paryslaan (R53). Ry todat jy die Venterskroonafrit kry en draai dan regs op ’n grondpad. Ry dan ’n verdere 2,2 km op die grondpad waar die uithangbord regs van die pad gekry sal word nl: “MOOIPLAAS“. Draai regs op die grondpad en ry vir ongeveer 300 meter oor ’n laagwaterbruggie en draai daarna skerp links om by die kampterrein uit te kom.
Telefoon nr van Duet: 082 745 8368
E-Pos: rudolph@duet.org.za