Print
IMG_9953IMG_9952IMG_9896IMG_9830IMG_9827IMG_9730IMG_7332IMG_7309

Eerstejaarskamp | 8-11 Januarie

Adventure within Him – As Family We Go

Kruispunt Eerstejaarskamp 2019

Skop jou studente lewe en 2019 af op die beste manier moontlik!

8-11 Januarie

R950 per persoon

By Mooiplaas, Parys

 

Adventure within Him – As Family We Go

Die woord “adventure” maak my opgewonde. Dit vertel van ‘n soeke na iets groter as jouself, ‘n soeke na iets meer. Die avontuurlustigheid in ons harte vermeerder wanneer mense saam met ons opgewonde raak.

We are seeking for the ‘Adventure within Him’ and are inviting you to join us because ‘As Family We Go’.

Ons gaan op reis om Hom te ontmoet buite die grense van ons vooropgestelde idees, ons kultuur, reëls en leuens wat ons nie eers besef ons glo nie. Ons is nie ‘n klomp individue wat toevallig saam op reis is nie. Daar is net een manier hoe ons hierdie avontuur gaan aanpak en dit is as familie. Ons weet dat ons Vader ons roep om aan die tafel van verhouding te kom sit en deur Sy liefde ook mekaar lief te hê.

Vul die inskrywingsvorm in en betaal 50% deposito teen 7 Desember om jou plek te verseker.

Registrasie vind Dinsdag, 8 Januarie, om 13:00 by Duet Gemeente plaas, vanwaar daar vervoer gereël is na Mooiplaas.

(Laat weet indien jy vervoer vanaf jou woonstel of koshuis benodig na Duet Gemeente.)

Ons arriveer weer by Duet Gemeente op Vrydag, 11 Januarie, om 14:00.

Joshua 1:9 – Be strong and courageous. Do not be afraid; do not be discouraged, for the LORD your God will be with you wherever you go.”

Vul die inskrywingsvorm in en betaal 50% deposito teen 7 Desember om jou plek te verseker en stuur asb aansoekvorm en bewys van betaling aan anneli@duet.org.za

Adventure within Him – As Family We Go

Skop jou studente lewe en 2019 af op die beste manier moontlik!

*Lees meer oor die kamp onder aan die bladsy by “Beskrywing”

8 – 11 Januarie

By Mooiplaas, Parys

Vul die inskrywingsvorm in en betaal 50% deposito teen 7 Desember om jou plek te verseker en stuur asb aansoekvorm en bewys van betaling aan anneli@duet.org.za

Inligting

Datum: 8 January 2019

Begin: 13:00

Eindig: 14:00

Venue: Vertrek vanaf Duet Gemeente na Mooiplaas, Parys

Rigtings: Duet Gemeente: 5 Govan Mbeki drive, van der Hoff park, Potchefstroom (Oorkant P'nP in van der Hoff park)

Telefoon nr van Duet: 018 290 7579

E-Pos: anneli@duet.org.za

Back to Top